Ons lewe vandag in ‘n wêreld waar verandering deurlopend, brutaal en deurtastend is van elke aspek van ons lewens. Al ons goed gesmede planne kom baie keer tot niks, en nie noodwendig deur eie toedoen nie. Bykans 95% van alle werkende mense kan nie finansieel onafhanklik aftree nie, wat tot desperaatheid lei, want baie min mense weet hoe om hierdie brug na sy/haar derde lewe oor te steek.
Aftrede se Gat vul hierdie gaping. Om balans en betekenis te herwin sal elke leser ‘n reis deur hierdie baie praktiese boek onderneem om met verskeie (potensieel) beperkende aspekte van die lewe te stoei, besluite te neem, en hom of haarself uiteindelik herdefinieer – sodat ‘n meer betekenisvolle en vervullende derde lewe gelei kan word.
Elkeen van ons het die reg op ‘n betekenisvolle en vervullende lewe, maar dit is ook elkeen van ons se verantwoordelikheid om iets daaromtrent te doen.
Met ‘n uiters suksesvolle eerste druk van 2300 kopieë sedert 2023 is die volgende bygevoeg in die tweede weergawe: (1) Die hoofstuk oor finansies is uitgebrei met die hulp van finansies spesialiste, (2) ‘n aftrede lewensiklus met aksiestappe is bygevoeg, en (3) riglyne vir ‘n lewenslêer
Hierdie boek is die hulpbron wat jy nodig het.




